Geslag | manlik |
---|---|
Land van burgerskap | Koninkryk Pruise, Duitse Keiserryk, Republiek van Weimar, Nazi-Duitsland |
Naam in moedertaal | David Hilbert |
Gegewe naam | David |
Familie naam | Hilbert |
Geboortedatum | 23 Januarie 1862 |
Geboorteplek | Kaliningrad |
Sterfdatum | 14 Februarie 1943 |
Sterfplek | Göttingen |
Plek begrawe | Stadtfriedhof Göttingen |
Eggenoot | Käthe Hilbert |
Kind | Franz Hilbert |
Taalbeheersing | Duits |
Skryftaal | Duits |
Beroep | wiskundige, Universiteit onderwyser, filosoof, fisikus |
Werkgewer | Universiteit van Göttingen |
Alma mater | Universiteit van Königsberg, Collegium Fridericianum |
Akademiese graad | Doktorsgraad |
Akademiese proefskrif | Über invariante Eigenschaften specieller binärer Formen, insbesondere der Kugelfunctionen |
Doktorale adviseur | Ferdinand von Lindemann |
Student | Wilhelm Ackermann, Richard Courant, Erich Hecke, Otto Blumenthal |
Woonplek | Duitsland |
Werk plek | Göttingen |
Etniese groep | |
Mediese kondisie | pernicious anemia |
Bekend vir | Geometry and the Imagination, Hilbert's basis theorem |
Archives at | ETH Zurich University Archives |
Beïnvloed deur | Immanuel Kant |
Genomineer vir | Nobelprys vir fisika, Nobelprys vir fisika, Nobelprys vir fisika, Nobelprys vir fisika, Nobelprys vir fisika |
Interested in | configuration |
Onderhou deur WikiProjek | WikiProjek Wiskunde |
ACM Klassifikasiekode (2012) | 10011384 |
David Hilbert (Duits: [ˈdaːvɪt ˈhɪlbɐt]; 23 Januarie 1862 – 14 Februarie 1943) was 'n Duitse wiskundige. Hy word erken as een van die mees invloedryke en universele wiskundiges van die 19de en vroeë 20ste eeue. Hilbert het 'n wye verskeidenheid van fundamentele idees in baie gebiede ontdek en ontwikkel, insluitend invariante teorie en die aksiomatisering van meetkunde. Hy het ook die teorie van Hilbert-ruimtes[1] geformuleer, een van die fondamente van die funksionele analise.
Hilbert het Georg Cantor se versamelingsteorie en transfinite getalle aangeneem en hartlik verdedig. 'n Bekende voorbeeld van sy leierskap in wiskunde is sy aanbieding in 1900 van 'n versameling van die probleme wat die koers vir heelwat van die wiskundige navorsing van die 20ste eeu beïnvloed.
Hilbert en sy studente het aansienlik bygedra tot die stigting van strengheid en belangrike gereedskap ontwikkel wat gebruik word in die moderne wiskundige fisika. Hilbert is bekend as een van die stigters van die bewysteorie en wiskundige logika, sowel as een van die eerste om te onderskei tussen wiskunde en metawiskunde.[2]